03.20.17

Hartsroeringe

Posted in Afrikaanse Gedagtes, Elsabe's Blog at 4:26 pm by Administrator

Vanoggend trek my hart met ‘n punt na die lieflikhede wat in my moedertaal, Afrikaans, wegkruip. Watter ander taal as jou moedertaal kan uitdruk wat in die diepste hartsgeheimenisse gesluier lĂȘ, behalwe die tale van die Gees van God….! En hoe min besef ons wat in die geestesrealms ontplof wanneer ons ons harte voor die Allerhoogste uitstort in die diepste onuitspreeklike sugtinge van die Geestestale. En hoeveel te meer wanneer ons die soetste klanke van die Gees laat hoor in uitbundige lofsange aan ons Maker!
My hart sing in jubeling en diepe ootmoed oor die grootsheid van Sy Heerlikheid wat in Christus Jesus vir ons alles gegee het wat die lewe en godsvrug voortbring!

My siel smag na die Here en na die geheimenisse van Sy persoon in die lig van Sy aangesig!